Hoërskool Hoogenhout se blou hengelspan en Laerskool Krielpark se rooi hengelspan het onlangs die Noord-Oos Mpumalanga provinsiale hengel-liga gewen.
Dit was die derde agtereenvolgende jaar wat een van Hoogenhout se spanne dié liga wen.
Hulle dring deur na die Kampioen van Kampioene Hengelkompetisie wat in Oktober by die Bloemhofdam plaasvind.
Wim van Rensburg, verteenwoordiger van die Noord-Oos Mpumalanga Hengelvereniging, het gesê enige skole of ouers is welkom om by die vereniging betrokke te raak.
Vir meer inligting, skakel hom by 084 504 2928 of die voorsitter, Hendrik Potgieter by 082 881 3687.
LEES OOK: Teks Shooting Club members compete in EGPSA Handgun Nationals



