Local newsLocal sportSportStreeknuus

Phoenix dring deur na die Valkeliga se halfeindstryd

“Die laaste keer dat Delmas gasheer vir ’n halfeind was 17 jaar gelede - op 11 Julie 2006. Dit is dus vir ons Phoenix-span van vanjaar ’n baie groot eer en voorreg.”

’n Beslissende wedstryd tussen die Phoenix Rugbyklub van Delmas en die Oos-Rand Polisie het op 8 Julie by die Springs Rugbyklub op Olympia Park Stadion, plaasgevind.

Die wedstryd sou bepaal waar die halfeindstryd gespeel sal word. Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix 31 punte op die telbord gehad en die Oos-Rand Polisie 17.

Die halfeindstryd in die Valke Liga sal op 29 Julie op die tuisveld van Phoenix op Sundra, weer tussen Oos-Rand Polisie en Phoenix, gespeel word.

Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, het Streeknuus meegedeel dit was ’n besonderse harde wedstryd, maar dat die wen ’n belangrike een was.

“Ons het nou die groot voordeel van ’n tuiswedstryd in die halfeindstryd.

“Die laaste keer dat Delmas gasheer vir ’n halfeind was 17 jaar gelede – op 11 Julie 2006. Dit is dus vir ons Phoenix-span van vanjaar ’n baie groot eer en voorreg.

Die Phoenix span hoop om op die dag soveel ondersteuning as moontlik van plaaslike inwoners en besoekers te kry.

“Ons spelers het nodig om te weet dat Delmas en omgewing bankvas agter hulle staan.”

Volgens Senekal beplan die Phoenix-span om ‘groot te gaan’ op die dag en sal daar later meer besonderhede bekend gemaak word.

Die ander twee spanne wat mekaar die stryd in die halfeindstryd sal aansê is Heidelberg en Vanderbijlpark.

Dié wedstryd sal op Heidelberg voltrek word.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button