Bespreek nou vir Vleisweekkompetisie naby Standerton
Belangstellendes kan besprekings via WhatsApp 082 900 5574 doen waarin naam en van, tuisklub en datum waarop gespeel gaan word, gegee word.
Morgenzon Gholfklub bied vanaf 27 Augustus tot 2 September ’n vleisweekkompetisie aan waar groot pryse op die spel is.
Die eerste prys is ’n bees, tweede prys ’n halwe bees, derde prys ’n kwart van ’n bees, en vierde tot agtste prys is skape.
Ander pryse sluit varke en vleispakke in and pryse sal tot die 15de plek oorhandig word. Pryse sal verbeur word as die prysuitdeling nie bygewoon word nie.
Die totale prysgeld beloop R85 000 en vleis kan by Klipfontein Slaghuis (Deon Slaghuis) op Bethal afgehaal word.
Die wedywering sal in IPS-formaat beslis word.
Inskrywingsgeld beloop R350 vir die eerste twee rondtes per rondte, R300 vir die derde en vierde rondte en R200 vir meer per rondte.
Speelgeld sluit die Saterdagaandete na die prysuitdeling in.
Gholfspelers kan soveel rondtes as hy/sy wil speel en die beste twee rondtes tel, maar geen persoon mag egter sonder ’n merker speel nie.
Spelers sonder ’n voorgee, speel van 10 af en kom nie vir die eerste ses pryse in aanmerking nie.
Belangstellendes kan besprekings via WhatsApp 082 900 5574 doen waarin naam en van, tuisklub en datum waarop gespeel gaan word, gegee word.
Sodra betaling ontvang is, sal afslaantye deurgegee word. Beperkte karretjies is beskikbaar wat bespreking noodsaak.
Die bestuur se besluit is finaal.
’n Kontantkroeg en ligte etes is daagliks by die klubhuis beskikbaar en Henbase Lodge het spesiale tariewe vir verblyf gereël.
Skakel Chris by 082 855 5778 of Corné by 082 297 9206 vir enige navrae.



