Local newsSchoolsSportStreeknuus

Dellies se landlopers presteer

Michelle het ’n derde plek in die o17-wedloop en Nicky het ook ’n derde plek in die o19-wedloop by die Tswenyani-byeenkoms op 16 Augustus behaal.

Landloopatlete Nicky Thompson en Michelle Myburgh het Hoërskool Delmas onlangs baie trots gemaak.

Michelle het ’n derde plek in die o17-wedloop en Nicky het ook ’n derde plek in die o19-wedloop by die Tswenyani-byeenkoms op 16 Augustus behaal.

Nicky het op 19 Augustus sukses by die MUSA’s behaal toe sy ’n vyfde plek los gehardloop het. Dit het vir haar ’n deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap oopgemaak.

Tydens die byeenkoms op Witbank op 23 Augustus het Michelle ook ’n derde plek behaal en Nicky het vierde in haar ouderdomsgroep geëindig.

Albei het hiermee na die Nkangala byeenkoms, wat op 2 September plaasgevind het, deurgedring.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button