Local newsSportStreeknuus

Delmas Rolbalklub kweek wenners

“Delmas is trots op ons lede, verál ons juniors wat hul so goed van hul taak gekwyt het.”

Die Gauteng Challenge het vanjaar nuwe deure vir die Delmas Rolbalklub geopen.

Dit ná sewe van Delmas se lede, waaronder ses juniors, in hul onderskeie spanne die Ekurhuleni Distrik verteenwoordig het.

Minné Visser, Henko du Toit en Deonette Venter het in die o15-kategorie deelgeneem en algeheel sewende geëindig.

Lana Visser en Reuben van der Westhuizen het vir die o18’s op die baan gestap en algeheel tweede geëindig terwyl Henry Kok se span in die derde plek klaargemaak het.

Die vroue ope B-span het goed gevaar deur algeheel vierde te eindig.

“Delmas is trots op ons lede, verál ons junior lede wat hul so goed van hul taak gekwyt het en dit ten spyte van die uitmergelende hitte en strawwe kompetisie op distriksvlak,” het Hanri Ehlers, die president van die Delmas Rolbalklub laat hoor.

Die mans se vierde afdeling het op 25 Januarie mekaar die stryd op tuisbodem aangesê.

Delmas A, bestaande uit Hendrik Smit, Douglas Cobbledick en Kobus Uys het Delmas B met spelers, Gawie Grewe, Reinhardt du Plessis en Errol Whitehorn, met 20 punte teenoor 13 geklop.

“Delmas A lê tans bo-aan die punteleer met Delmas B in die vierdie plek,” het Ehlers ook gesê.

“Ons klub se tweede afdeling mansspan bly steeds onoorwonne en bo-aan die punteleer terwyl ons tweede afdeling vroue derde op die ranglys is.”

“Daar is nog twee liga-wedstryde wat vir dié seisoen voorlê.”

Drie spanne van Delmas het verder op 26 Januarie aan die gemengde viere-kompetsie deelgeneem.

“In ag genome die gedugte kompetsie, het ons spanne baie goed gevaar,” het Ehlers gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button