Local sportStreeknuus

Cullinan se PWG Sinoville 5 berei voor vir eerste kragmeting in 2025

Ondersteuners word aangemoedig om in groot getalle hul span se pad na oorwinning te ondersteun.

Cullinan se tuisspan, PWG Sinoville 5, gaan die nuwe krieketseisoen in styl afskop met ’n opwindende wedstryd teen Differently Abled 1 (DA1) op 11 Januarie by Hoërskool FH Odendaal in Pretoria.
Sinoville 5 het verlede jaar in ’n stewige derde plek op die liga-punteleer geëindig met twee wedstryde in die hand – ’n gunstige posisie om hul kans op die kampioenskap te verbeter.
Die span is vasberade om ’n sterk begin in die nuwe jaar te maak en sal alles op die veld los om ’n oorwinning te verseker.
Ondersteuners word aangemoedig om in groot getalle hul span se pad na oorwinning te ondersteun.
Die wedstryd beloof om ’n skouspel van talent, deursettingsvermoë en sportmangees te wees.
Kom wees deel van die aksie en geniet ’n dag vol krieket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button