Local sport

Lede van Sasol Posduifklub se duiwe vlieg vanaf Noord-Kaap

Voëls het ook vanaf die Vrystaat na Secunda gevlieg.

Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het op 19 Julie vanaf Smithfield in die Vrystaat huis toe gevlieg.

Boeta & Duppie se duiwe het in die jaarvoëls-afdeling goed gevaar en eerste, tweede, derde, sewende en 10de plekke behaal.

Eiber & Neethling se duiwe het vierde, sesde, agtste en negende plekke verower, terwyl een van Mike en Jana du Toit se duiwe vyfde geëindig het.

In die ope-afdeling, ook in die wedvlug vanaf Smithfield, het een van die Steyn Familie se duiwe gewen terwyl een van hul ander duiwe ’n sesde plek behaal het.

Boeta & Duppie se duiwe het tweede, derde, vyfde en sewende plekke behaal, terwyl Eiber & Neethling se duiwe vierde en agtste plekke verower het en een van Allison Bros se duiwe 10de geëindig het.

Op dieselfde dag het die lede se duiwe ook aan ’n wedvlug vanaf Strydenburg in die Noord-Kaap deelgeneem.

Dié keer het een van Eiber & Neethling se duiwe gewen, terwyl hul ander duiwe tweede, vyfde en sewende plekke behaal het.

Koot Meyer se duiwe het derde, agtste en 10de plekke behaal, en Boeta & Duppie se duiwe het vierde, sesde en negende plekke behaal.

Dié duiweboere se duiwe het op 26 Julie weer aan ’n wedvlug deelgeneem.

Dié keer het hulle vanaf Springfontein in die Vrystaat huis toe gevlieg en dit was een van Koot Meyer se duiwe wat die jongvoëls-afdeling gewen het terwyl een van sy ander duiwe agtste geëindig het.

Die Kotze Gesin se duiwe het tweede en 10de plekke behaal terwyl die Steyn Familie se duiwe derde en negende plekke behaal het.

Boeta & Duppie se duiwe het vierde, vyfde en sewende plekke behaal en een van Eiber & Neethling se duiwe het ’n sesde plek behaal.

In die ope-afdeling van die wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Springfontein, het Eiber & Neethling se duiwe behoorlik uitgeblink en eerste, tweede, derde, vierde, vyfde en sewende plekke behaal.

Die Kotze Gesin se duiwe het sesde en negende plekke behaal tewyl en van Boeta & Duppie se duiwe ’n agtste plek behaal het en een van Mike en Jana du Toit se duiwe ’n 10de plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button