Odra-klub van Secunda se posduiwe ding mee
Belangstellendes is welkom om by klub aan te sluit.
Lede van die Odra Posduifklub se duiwe het op 19 Julie aan ’n wedvlug vanaf Jonkershoek deelgeneem.
Frik Stander se duiwe het uitgeblink in die jongvoëls-afdeling en eerste, vierde, negende en 10de plekke behaal.
Koekemoer Lofts se duiwe het tweede, derde en sewende plekke behaal terwyl een van die Kraft Gesin Lofts se duiwe ’n sesde plek behaal het en een van Erick Botma se duiwe ’n agtste plek.
In die ope-afdeling van die wedvlug wat op dieselfde dag plaasgevind het, was dit een van die Kraft Gesin Lofts se duiwe wat gewen het terwyl Frik stander se duiwe ook goed gevaar het en tweede, sesde en sewende plekke behaal het.
Koekemoer Lofts se duiwe het derde, vyfde, agtste, negende en 10de plekke behaal terwyl een van die jongste lid, Daegon Marais (4) se duiwe ’n vierde plek behaal het.
Die duiweboere se duiwe het weer kragte gemeet op 26 Julie en vanaf Ritchie in die Noord-Kaap huistoe gevlieg.
In die jongvoëls-afdeling, was die weereens Frik Stander se duiwe wat eerste, tweede, sewende, agtste en negende plekke behaal het.
Duiwe van Koekemoer Lofts het derde en vyfde plekke behaal terwyl een van Buks Snyman se duiwe ’n vierde plek behaal het en Erick Botma se duiwe sesde en 10de plekke.
In die ope-afdeling was dit een van Buks Snyman se duiwe wat dié wedvlug gewen het terwyl sy ander duiwe vierde en negende plekke behaal het.
Frik Stander se duiwe het ook goed gevaar in dié afdeling en tweede, derde, vyfde, sesde en negende plekke behaal.
Een van die Krafft Gesin Lofts se duiwe het sewende geëindig en een van Koekemoer Lofts se duiwe het 10de geëindig.
Belangstellendes is welkom om by dié posduifklub aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel Theuns Koekemoer by 060 571 9084.




