Odra Posduifklub op Secunda se duiwe vaar goed
Frik Stander se duiwe blink behoorlik uit.

Lede van die Odra Posduifklub het op 2 Augustus vanaf Ritchie in die Noord-Kaap huis toe gevlieg.
In die jongvoëlsafdeling het Frik Stander se duiwe behoorlik uitgeblink deur eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sewende en agtste plekke te verower.
Een van Koekemoer Lofts se duiwe het ’n sesde plek verower terwyl een van die Krafft-gesin se duiwe ’n 10de plek verower het.
In die ope-afdeling van die wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Ritchie, was dit een van Koekemoer Lofts se duiwe wat gewen het, terwyl hul ander duiwe agtste en negende plekke behaal het.
Stander se duiwe het weer eens uitgeblink in dié afdeling en tweede, derde, vierde, vyfde, sesde, sewende en 10de plekke behaal.
In die wedvlug op 9 Augustus vanaf Klipkraal was dit weer Stander se duiwe wat presteer het deur eerste, tweede, vierde, sewende, agtste en negende plekke los te vlieg in die jongvoëlsafdeling.
Een van Koekemoer Lofts se duiwe het derde geëindig, terwyl twee van die Krafft-gesin se duiwe vyfde en 10de geëindig het en en een van Erick Botma se duiwe het sesde geëindig.
In die ope-afdeling van die wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Klipkraal, het Stander se duiwe eerste, tweede, derde, negende en 10de plekke behaal terwyl een van die Krafft-gesin se duiwe vierde geëindig het.
Een van die Koekemoer Lofts duiwe het die vyfde plek ingeneem terwyl die jongste lid van dié klub, Daegon Marais (4) se duif sesde geëindig het. Erick Botma se duif het sewende geëindig en Buks Snyman se duif agtste.



