Sasol Posduifklub op Secunda se duiwe vaar goed in wedvlugte vanaf Noord-Kaap en Oos-Kaap
Koot Meyer se duiwe vlieg baie plekke los.
Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het op 2 Augustus vanaf Colesberg in die Noord-Kaap huistoe gevlieg.
In die jongvoëlsafdeling was dit een van Koot Meyer se duiwe wat die wedvlug gewen het, terwyl sy ander duiwe vierde en vyfde geëindig het.
Eiber & Neethling se duiwe het tweede, sewende en negende plekke behaal terwyl Boeta & Duppie s’n derde, sesde, agtste en 10de plekke behaal het.
In die ope-afdeling, ook in die wedvlug vanaf Colesberg, was dit een van Allison Bros se duiwe wat gewen het terwyl van haar ander duiwe vyfde en negende geëindig het.
Een van Koot Meyer se duiwe het tweede geëindig, terwyl Boeta & Duppie se duiwe derde, vierde en 10de geëindig het en Eiber & Neethling se duiwe sesde, sewende en agtste.
Koot Meyer se duiwe het weer eens uitgeblink in die volgende wedvlug wat op 9 Augustus plaasgevind het, toe die duiwe vanaf Middelburg in die Oos-Kaap huistoe gevlieg het.
Meyer se duiwe het eerste, vierde, vyfde, sesde, negende en 10de plekke behaal in die jongvoëlsafdeling terwyl Boeta & Duppie se duiwe tweede, sewende en agtste plekke behaal het.
Een van die Steyn-familie se duiwe het derde geëindig.
In die ope-afdeling van die wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Middelburg, was dit een van Allison Bros se duiwe wat gewen het terwyl een van haar ander duiwe sewende geëindig het.
Meyer se duiwe het in dié afdeling ook goed gevaar en tweede, vierde, vyfde, sesde, agtste en 10de plekke behaal terwyl Boeta & Duppie se duiwe derde en negende plekke behaal het.




