Local sport

Gholfspelers slaan op Standerton af by AP Kerk se dag

Die vierbal van Johan Griesel, Willie Griesel, Jabbies Lotz en Clifford van Vuren het met 107 punte die kompetisie gewen.

Talle gholfspelers het op 10 Januarie by die Standerton Buiteklub vergader vir die AP Kerk se geborgde dag.
Die spelers het in spanne van vier deelgeneem.

Die wenners vir die dag was Johan Griesel, Willie Griesel, Jabbies Lotz en Clifford van Vuren.
Hulle het altesaam 107 punte op hul telkaarte ingevul.

Kobie Coetzee, Tertius Brits, Jacques Erasmus en Theuns Adendorff was in die tweede plek, met ’n puntetelling van 107.

Gerrie van der Westhuizen het die enkeltoekenning vir die langste dryf ontvang. Foto: Verskaf

Werner Mouton, Attie Mouton, Desmond Visser en Gerhard Brits het die derde plek ingeneem met 104 punte.

Casper Roux, Deon Grimsell, Jore Nortje en Kristen Nortje het vierde gelpaas met ’n telling van 103.

Mark Nortje, Johan Brink, Johan Schoonraad en Innocent Dhladhla was vyfde met 101 punte.

Elisca Pistorius het die toekenning vir die langste dryf ingepalm.

Gerrie van der Westhuizen het die toekenning ontvang vir naaste aan die pen.

Johan Griesel, Willie Griesel, Jabbies Lotz en Clifford van Vuren het die eerste plek behaal. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button