Dié Rayton-gesin maak musikante groot
Marilize (18) speel viool, fluit en Franse horing. Jacques (15) speel trompet en die jongste, Ruben (11), speel tromboon.
Musiek speel in die Diedericks-gesin se huishouding so groot rol dat al drie die kinders ’n ingebore musiekale aanvoeling het.
Marilize (18) speel viool, fluit en Franse horing. Jacques (15) speel trompet en die jongste, Ruben (11), speel tromboon.
Hul moeder, me. Rene Diedericks, het musiek studeer en hul pa, mnr. Jaco Diedericks, is weer lief vir sing, dus was kroos van kindsbeen af al blootegstel aan musiek.
Siende dat die gesin klassieke musiek verkies, het hulle tussen mekaar die talent om hulself te vermaak.
Gereeld maak die gesin ook saam musiek en leef hulle hul musiek-liefde saam uit. Hulle deel ook graag hul opvoerings op
digitale platvorms.
Die gesin se musiekleefstyl is soos hul tweede natuur. As daar nie musiek deur die gange weergalm nie, dan word daar geoefen op ’n instrument, gesing of gefluit.

Marilize het al in verskeie orkeste en ensembles gespeel en het in verskeie musiekeksamens en eisteddfods presteer.
Sy was ook vir ses jaar lid van die Jeugorkes Simfonia Juventi en ook van die Kunste Fabriek-orkes in Rayton. Op haar jong ouderdom was sy ook die orkesleier van die SICMF Concert Orchestra. Sy het as solis opgetree saam met RSO en JSO.
Sy is tans ’n lid van die Pretoria Simfonie Orkes, UPSO, Up4Strings en ook die CPR strykkwartet en GMI brass ensemble.
Asof Marilize nie al juis haar talent ten toon gestel het nie, het sy ook vanjaar haar eie orkes begin.
Sy neem reeds haar drome na verhoë met twee beplande konserte in November. Sy glo haar ondervinding by troues en funksies het haar vir ’n musiekloopbaan voorberei.
Sy sal graag haar loopbaan in musiek voortsit, as solis maar ook orkes speler en dirigent.
Jacques is vir drie jaar al lid van Simfonia Juventi en vier jaar in die Kunste Fabriekorkes. Hy is ook lid van die GMI brass ensemble en PSO-orkes en het verskeie ensembles op sy kerfstok.
Ruben volg ook sy ouer broer en suster se voetspore. Hy verteenwoordig die Kunste Fabriekorkes al vir drie jaar. Hy is ook lid van die GMI brass ensemble.
Die seuns geniet albei die musiek en sal aanhou om deeltyds in orkeste te speel.
“Die Kunste Fabriek-orkes het ons liefde vir musiek net nog meer aangevuur. Daardie orkes skep vir jou die geleentheid om soveel orkes-ervaring op te doen. Dit is die ideale wegspringplek vir enige aspirantmusikant,” het die gesin laat hoor.



