Streeknuus

Nicola Swart van die Bronkhorstspruit-kontrei wil net musiek maak

“Tans is ek ook besig met nog twee komposisies vir orkeste wat later in die jaar opgevoer sal word.” 

Nicola Swart (15) het op nege-jarige ouderdom met klavierlesse begin en sedertdien vind sy haarself nie net as pianis wat emosies oopsluit tussen die wit en swart note nie, maar sy komponeer ook haar eie liedere.

“Die eeste liedjie wat ek vir die orkes geskryf het was ‘Celtic See’.”

Vanaf 2014 speel sy al in orkeste. Die musiekgenre wat haar aandag trek, is grootdeels tradisionele musiek veral Iers en Engels en sekere fliekmusiek.

Nicola se eerste komposisie het sy op die ouderdom van 12 geskryf en talle ander liedjies het gevolg. Sy speel vier verskillende instrumente wat die klavier, perkussie-instrumente (gestem en
ongestem), die kwêlafluitjie (penny whistle) en die hobo insluit.

Tot op hede het sy al vyf komposisies vir orkeste geskryf wat reeds uitgevoer is.

Daarbenewens het sy in 2020 ook ’n klavierboekie met nege van haar self-geskryfde liedjies gepubliseer.

“Tans is ek ook besig met nog twee komposisies vir orkeste wat later in die jaar opgevoer sal word.”

Musiek is vir haar meer as net ’n klank wat mens iets laat voel. Dit is vir haar ’n emosie wat net musiekliefhebbers ervaar.

“Dit is ’n groot deel van my lewe.”

Musiek is ook vir haar meer soos ’n sintuiglike waarneming waarmee mense met mekaar kommunikeer sonder om te praat, juis daarom skryf Nicola nie lirieke by maar liedere nie. Sy glo dat sy die musiek meer kan oordra as wat woorde kan.

“Ek vind myself in die melodieë wat basies ’n geheime taal praat en jou laat ervaar waar woorde jou net laat wees.”

Musiek is vir haar nie net ’n stokperdjie wat sy daagliks uitoefen nie, maar eerder ’n ingebore passie wat in ’n leefstyl ontaard het. Sy het haarself beskryf as iemand wat lief is vir musiek nie net vir hoe dit klink of die impak wat dit het nie, maar ook vir die vermoë wat musiek het om jou iewers te neem.

Haar grootste musiekale droom is om net te kan aanhou skep.

“Ek wil aanhou musiek, maak en aanhou skryf sonder ophou of keer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button