Streeknuus

Rayton se houtwerker deel sy passie vir Moeder Natuur se geskenk

Van mnr. Van der Merwe se eerste skeppings was grootliks skaalmodelle van die historiese vervoermiddels soos die ossewa en die kakkebeenwa, en items gebasseer op die Boere-oorloë.

“Hout laat jou proe, dit laat jou voel, dit bring jou nader aan jou kern en maak dat jy dink.”

Só beskryf mnr. Willie van der Merwe van Rayton sy geesdrif vir hierdie kunsmedium so uit Moeder Natuur se boesem.

Hy het in 1985 sy beroep as passer-en-draaier vaarwel geroep en nooit weer terug gekyk nie. Mnr. Van der Merwe maak al vir 36 jaar jaar lank besonderse skeppings in sy werkswinkel wat
herinneringe by mens laat opduik.

Hy was al van kindsbeen af gaande oor houtwerk, maar dit het eers op 37-jarige ouderdom behoorlik vlamgevat.

“As kind het ons altyd maar met hout ietsie mooi probeer maak, veral verdroogde boomwortels wat ek uitgegrawe het,” het hy vertel.

Hoewel mnr. Van der Merwe nie met sekerheid kan sê hoeveel ure hy in sy werkswinkeldeurbring nie, laat hy wel hoor dat hy omtrent ’n kwart van sy lewensvreugde sal gebruik om houttoestelle te ontwerp.

Van mnr. Van der Merwe se eerste skeppings was grootliks skaalmodelle van die historiese vervoermiddels soos die ossewa en die kakkebeenwa, en items gebasseer op die Boere-oorloë. Hy het ook later meer begin uitbrei deur kapkarre, koetse, donki karre, kanonne en selfs gewere met die hand te maak.

“Ek hou daarvan om myself uit te daag.”

Sy gusteling-hout om mee te werk is imbua, kiaat en natuurlike boekenhout. Die gevoel wat die tekstuur en die reuk by hom kweek, is iets wat mnr. Van der Merwe sukkel om te beskryf.

“Hout laat jou proe, dit laat jou voel, dit bring jou nader aan jou kern en maak dat jy dink. Hoe dit voel is meer as net die hout wat maal onder jou vingers en die vars reuk wat jou sintuie
ontdooi. Dit is meer soos ’n gedagte wat binne jou wakker gemaak word. Dit laat my dink aan die natuur.”

Mnr. Van der Merwe het ook verklap dat die tye wanneer hy nie houtwerk doen nie, hy met ’n verfkwas in die hand staan.

“Toe ek met die houtwerk begin het, het ek aanvanklik nie gedink dit sal my so boei nie, maar nou kan ek dood eenvoudig net nie ophou nie.”

Hy het afgesluit deur te noem dat sy passie nie net sy stokperdjie is nie, maar ook iets is wat vir hom vreugde en genot verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button