Streeknuus

Delmas se VLU-vroue is vlytig met tegnologie

Tydens die Whatsappvergadering is algemene taknuus bespreek en is die hoop ook uitgespreek om weer in Augustus van aangesig tot aangesig te kan ontmoet.

Die vroue van Delmas se Vroue Landbou-unie (VLU) het planne beraam om saam te kuier, ten spyte van die huidige inperkingsregulasies.

Moderne tegnologie hulle in staat gestel om hul maandelikse vergadering wat op Dinsdag, 20 Julie plaasgevind het, deur middel van Whatsapp te doen, kompleet met koffie en tee vanuit elkeen se eie wonings.

Die vroue het uitgesien na die Junievergadering en planne was in plek.

Dit sou die viering van die Delmas VLU se 68ste verjaarsdag wees en ’n uitstappie na die ‘Chocolate Chef’ in Pretoria was op die kalender met
sjampanje en verjaarsdagkoek op die spyskaart.

Volgens die VLU se skakelbeampte, me. Carine Swart, is dit egter op ys geplaas tot en met die inperkingsregulasies hulle toelaat om verjaarsdag te vier.

Tydens die Whatsappvergadering is algemene taknuus bespreek en is die hoop ook uitgespreek om weer in Augustus van aangesig tot aangesig te kan ontmoet.

Die miniskou wat vir Junie beplan is, is nou geskeduleer vir 21 September waartydens die lede se handewerk beoordeel sal word.

Sommige vroue het tydens die afgelope vergadering foto’s van hulle inskrywings met die ander lede gedeel.

Me. Susan Cronje het gesorg vir die humor en het die staaltjie van ‘om in te lê’ soos sy dit as kind verstaan het, met die vroue gedeel.
Volgens haar het sy eers jare  later verstaan dat die terme eintlik ’n dubbele betekenis het. 

Om groente en vrugte in te lê, het nuwe betekenis gekry en sy het ook wenke gedeel hoe sy die taak vir haarself makliker gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button