Bierfees lok baie besoekers na Cullinan
Die fees het Saterdag af geskop met ’n opvoering deur “The Eisbeins” (Oompah Band) en het oor die hele langnaweek gestrek.
Cullinan se Bierfees het oud en jonk laat in stroom van 7 tot 9 Augustus.
Die biertent het om 12:00 geopen en daar was behoorlik fees gevier met meer as 80 stalletjies wat elkeen unieke produkte uitgestal het.
Daar was lekkernye en verrassende elemente om van te kan kies en keur, en die feeslikheid was selfs in die kleredrag te siene was.
Die fees het Saterdag af geskop met ’n opvoering deur “The Eisbeins” (Oompah Band) en het oor die hele langnaweek gestrek.
Organiseerder mnr. Danie Booysen het vertel dat die gemeenskap belangsteling toon om mekaar te ondersteun in ’n spasie waar samesyn en kultuur in die atmosfeer gevoel kan word.
“Diversiteit en gees loop hoog in die geskiedkundige dorp en om vir die inwoners ’n kans te bied om te terug te ploeg in die gemeenskap deur plaaslik te ondersteun, is grootdeels waarom sulke feeste aangebied word.”

van oor tot oor met sy bier in die
hand.



