Streeknuus

Laerskool Delmas kroon hul mini-sjefs vir 2021

Hierdie kompetisie word jaarliks by Dellies aangebied en is baie gewild onder die leerders.

Na ’n rits behoorlike witwarm kooksessies en sterk kompetisie was die wenners van Laerskool Delmas se mini-sjefkompetisie aangewys.

Hierdie kompetisie word jaarliks by Dellies aangebied en is baie gewild onder die leerders.

Die kompetisie het in Junie afgeskop en die eindstryd vir die juniors is op Woensdag, 11 Augustus afgehandel terwyl die seniors se einstryd op Donderdag, 12 Augustus plaasgevind het.

Op Vrydag, 14 Augustus is die wenners in die twee kategorieë aangewys waarby ’n demonstrasie deur hulle gedoen was.

Dellies se pas aangekondigde mini-sjefkampioene moes toe ook sommer hand bysit met die maak churros.

Die wenners is:

Juniors:
1ste plek: Dianté van Wyk
2de plek: Petrus Labuschagne
3de plek: Aneshka van der Walt
4de plek: Neels Potgieter
5de plek: Mackenzie Botha

Seniors:
1ste plek: Adriaan van Wyk
2de plek: Jessica Bekker
3de plek: Haylee van Niekerk
4de plek: Zénike Delport
5de plek: Byron du Preez

Die borge One Stop Stationery, Nickas Biltong en NTT Toyota word bedank vir die pryse wat hulle geskenk het.

Me. Estelle de Beer en Aneshka van der Walt. (Foto: Verskaf)

Die kinders word ook opreg bedank vir die demonstrasies wat hulle gelewer het.

Laerskool Delmas bedank in besonder vir me. Estelle de Beer vir die moeite wat sy gedoen het rondom die reëlings vir die baie suksesvolle mini-sjefkompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button