Laerskool Sundra se skoolhoof wys hoe
Die sessie het volgens die skool hierna in ’n opleidingsessie omgeskakel met me. Van Rooyen wat aan die padpatrollie gedemonstreer het hoe om hierdie takie met die nodige respek, dissipline en veilig uit te voer.
Me. Vanessa van Rooyen, hoof van Laerskool Sundra, wou gaan loer het hoe die reëlings rondom die skolierpatrollie se begeleiding van die leerders vanuit die skoolterrein verloop.
Teen die einde van die skooldag op Vrydag, 30 Julie het die klokke gelui, maar toe me. Van Rooyen buite kom, was die skolierpatrollie nog nie op hulle pos nie.
Vir die innoverende skoolhoof was dit skynbaar geen probleem nie, want sy het toe sommer self met stopteken en al gaan staan en die leerders veilig oor die pad laat stap.