Streeknuus

Laerskool Witpoort se Ne-Reike en Moonshine is spoedvrate

“Dit is meer as ’n sport. Dit is ’n gawe” het sy laat hoor.

Ne-Reike Smith (11), ’n perderuiter en leerling van Laerskool Witpoort, het skaars twee jaar gelede met perdrylesse begin en palm reeds rosette in.

Sy het op nege-jarige ouderdom ernstig begin om aan perdesport deel te neem.

Ne-Reike se liefde vir perde en perdry het ontstaan deur die fliek “Racing Stripes” wat sy as klein dogtertjie meer as gereeld saam met haar boetie, Hendrik, gekyk het.

“Om met perde te werk en op te saal is my grootste passie in die lewe. Dit is al wat ek wil doen en waarin ek die meeste soos myself voel.”

Haar afrigters, me. Nadia Botha en me. Renè Stieger is ook haar mentors en mense na wie sy veral opkyk.

Ne-Reike het in die afgelope twee jaar aan vyf kompetisies deelgeneem.

Ten spyte van Covid-19 se beperkings op die kompetisies, het Ne-Reike verskeie plekke behaal.

Haar noemenswaardige aanvoeling vir perde laat haar op die baan uitstaan.

“Dit is meer as ’n sport. Dit is ’n gawe” het sy laat hoor.

Sy het onder andere aan drie SANESA-kompetisies deelgeneem waar sy ’n sesde en ‘n 10de plek behaal het.

Verder het sy ook op ’n ‘Show Jumping Training Show’ ’n elfde plek verower.

“Ek vind vrede tussen die perde. Daar is ek op my gelukkigste.”

Ne-Reike wil nie net perdry nie, sy wil betrokke wees by alles – van die voer tot die stalle skoon maak.

Haar gunsteling-vorm van kompeteer is skouspring, maar sy beoog ook om uithouritte te begin doen.

Die perd waarmee sy elke kompetisie aanpak, Moonshine, is haar grootste liefde. Moonshine is vir haar soos ’n sielsgenoot en by die ryskool word Moonshine, ’n hings en Ne-Reike gesien
as die ‘Spoed koning en koningin’.”

Nie net hou die ruiter van spoed nie, maar sy droom ook om haar eie perd te besit sodra sy in die hoërskool is.

“Ek werk om my SuidAfrikaanse kleure in skouspring te verower en om veral nog hoër te kan spring.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button