Streeknuus

Laerskool Sundra huisves nou Sonstraaltjies

Hier kry die kleuters liefdevolle versorging in voorbereiding vir die oorgang na die graad R-klas.

’n Groepie gelukkige en glimlaggende kleuters wag vir elkeen in wat by die kleuterklassie van Laerskool Sundra instap.

Die klassie heet Sonstraaltjies en dit was baie gou duidelik waar die naam sy ontstaan gehad het.

Met Streeknuus se besoek aan die klassie, het elke kleuter vriendelik en beleefd gegroet.

Die kleuters was ook spoggerig geklee in hulle eie unieke ‘uniforms’, bestaande uit ’n T-hempie kompleet met elkeen se naam agterop gedruk.

Onder die leiding van me. Sonja Fourie, word dié kleuters op die na die ‘grootskool’ geplaas.

“Ons Sonstraaltjie-kleuterklas het in September verlede jaar ontstaan en bied sorg aan ’n klein aantal leerders vanaf een tot vier jaar oud. Hier kry die kleuters liefdevolle versorging in voorbereiding vir die oorgang na die graad R-klas van die skool,” het Laerskool Sundra gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button