Streeknuus

Danika Vermeulen is altyd gereed om aan perdesport deel te neem

Hoewel sy vanjaar eers haar vernuf kompeterend gewys het, droom Danika om eendag vir die Olympiese Spele op te saal.

’n Perderuiter en leerder van Laerskool Witpoort, Danika Vermeulen (13), beoefen al vir die afgelope vyf jaar perdesport waarvan sy nou twee jaar kompeterend deelneem.

Sy het onlangs meer aktief begin deelneem.

Haar perd is bykans altyd opgesaal vir die genot om te kan kompeteer.

“Ek was nog altyd lief vir perde en ek vermoed my liefde het ek by my pa geërf wat met perde grootgeword het.”

Siende dat sy die sport al vanaf agt-jarige ouderdom beoefen, het sy vertel dat die sport aanvanklik net as ’n daaglikse stokperjie begin het, maar met tyd in ’n passie verander het.

“Dit het stelselmatig op my begin groei. Nou is dit vir my meer as ’n sport. Dit is deel van my leefwyse.”

Danika Vermeulen in aksie. (Foto: Verskaf)

Hoewel sy vanjaar eers haar vernuf kompeterend gewys het, droom Danika om eendag vir die Olympiese Spele op te saal.

Sy het vanjaar selfs aan die SANESA-skoue deelgeneem en berei tans voor vir die hoërskoolskoue volgende jaar.

“Perdry is vir my spesiaal, ongewoon en iets waarop ek versot is.”

Sy spesialiseer ook gereeld in ‘show jumping’ en geniet dit om deur die lug met haar perd te vlieg.

Hoewel sy nie die trotse eienaar van haar eie perd is nie, ry sy nou al vir twee jaar op Zynatta by die Painted Haven ryskool.

“Zynatta voel soos my eie perd. Ons verstaan net mekaar.

Danika en haar perd, Zynatta tydens die SANESA-oefenskou.(Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button