Bronkhorstspruit Rolbalklub kies nuwe bestuur
John O'Connell, Santie Dalgleish en Johan Swart het aan die einde as die wenners van die Jan le Roux-beker weggestap.
Die Bronkhorstspruit Rolbalklub het hul jaarlikse klubtoernooi vir die Jan le Roux-beker, asook hul algemene jaarvergadering op Saterdag, 21 Augustus gehou.
Die klublede het in spanne van drie elk deelgeneem.
Die kompetisie was straf, maar die span van John O’Connell, Santie Dalgleish en Johan Swart het aan die einde as die wenners van die Jan le Roux-beker weggestap.
Die prysuitdeling het saam met die jaarvergadering plaasgevind.

John O’Connell, Santie Dalgleish en Johan Swart. (Foto: Elizabeth Kendall)
Mnr. Manie Engelbrecht, klubpresident, het hier die Presidentstrofee as a bleik van waardering en erkening aan John O’Connell oorhandig vir alles wat hy deur die jaar vir die klub gedoen het.
Die klub het ook hul nuwe bestuur verkies.
Mnr. Manie Engelbrecht is die klub-president, mnre. John O’Connell en Toon van Rensburg is albei adjunk-presidente vir die mans en me. Christien van Rensburg is die adjunkpresident vir die vroue.
Mnr. Jan Liebenberg en me. Norene Liebenberg is albei aangewys as kompetisiesekretarisse.
Me Santie Dalgleish is die sekretaresse en mnr. Marcelle Potgieter is die tesourier.
Mnr. Johan le Roux is die kroegbestuurder en mnr. Johan Swart is as adisionele lid verkies.

oorhandig die presidentsbeker aan John
O’Connell. (Foto: Elizabeth Kendall)



