Streeknuus

Stefan Jansen slaan platekontrak los

Volgens die diverse musikant is “Suikerbos” ’n storie van die pad wat hy moes stap om homself te vind.

’n Oud-Bronkhorstspruiter, mnr. Stefan Jansen, het ’n platekontrak met Vonk Musiek losgeslaan en sy nuutste enkelsnit vrygestel.

Sy debuut-enkelsnit, “Verdienste en Genade”, het groot opslae gemaak.

Hy het pas ’n splinternuwe lied genaamd “Suikerbos” vrygestel en is tans besig om nog musiek vanuit sy pen op te neem.

Mnr. Jansen beskryf “Suikerbos” as ’n kontemporêre snit uit sy eie pen wat luisteraars aanmoedig om geluk te vind.

Die lied is akoesties en belaai met emosie wat die kompleksiteit van liefde vereenvoudig.

“Die lied is geinspireer deur ’n gesprek wat ek met myself in die spiëel gehad het.

“Die interne vrae waarmee ek geworstel het, het deur my musiek duidelik geword. Ek het ook besef dat my jarelange vriendin my pasmaat is.”

Volgens die diverse musikant is “Suikerbos” ’n storie van die pad wat hy moes stap om homself te vind.

Hy noem dat hy deur die wroegende proses besef het dat geluk veel nader aan mens is as wat jy gereed is om te sien.

Mnr. Jansen se heel eerste professionele musiekvideo is ook hieruit gebore.

Dit is deur Vonk Musiek se Wian van der Walt verfilm by die Infinity-teater in Pretoria en by ’n huis in die Oos-Rand.

Mnr. Jansen het so lank as wat hy onthou sy dae met ’n kitaar in die hand en met papiergedagtes deurgebring.

Huiskonserte saam sy pa het mettertyd optredes in restaurante geraak waar hy as regsstudent op so manier sakgeld verdien het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button