Streeknuus

Loffies se ‘lente-lawaai’ laat leerders en onnies lekker laf

Ten spyte van die standaard protokol wat steeds baie streng gevolg moet word te midde die Covid-19-pandemie, kon die leerders lekker vrolik en laf aantrek vir die Lentedag.

Dit is heerlike lente en die winter is verby.

By Laerskool Eloff het leerders en onderwysers ’n heerlike sonnige dag in die buitelug gevier en sodoende die lente met ope arms verwelkom.

Die leerders en onderwysers het op Woensdag, 1 September, op die rugbyveld en pawiljoen bymekaargekom.

Ten spyte van die standaard protokol wat steeds baie streng gevolg moet word te midde die Covid-19-pandemie, kon die leerders lekker vrolik en laf aantrek vir die Lentedag.

Die leerders het per graad hul danspassies uitgevoer, hul vrolik uitrustings afgewys en was daar dan ook per graad ’n wenner aangewys.

Hierna was dit die beurt van die onderwyseresse om hul uitrustings en danspassies vir die leerders te wys en het me. Erika Duvenhage met die wen prys weggestap.

Na afloop van die verrigtinge was Loffies se leerders lekker honger en dors en kon hulle gaan pouse hou waarna die normale skooldag weer sy gang gegaan het.

Me. Louise van Niekerk het Hoffies Rose bedank wat vir elke onderwysers met ’n roos bederf het.

“Gewoonlik is Lentedag maar bitter koud, maar vanjaar was so ’n heerlike warm dag. ’n Perfekte dag om Loffies se ‘Lekker-Lawwe-Lente-Lawaai’ te vier.

“Dit was ook ’n voorreg om die Loffies weer ’n bietjie in die buitelug saam te laat kuier,” het me. Van Niekerk gesê.

Juané Olivier is die gr.2-wenner.
Me. Melina de Villiers en me. Erika Duvenhage is vrolik opgedollie in die gees van Lente.
Nikita Bezuidenhout stap met ’n wen weg vir gr. 6.
Anuscha Barnardi is gr. 5 se wenner met haar Sonneblom-uitrusting.
Karli Brits is gr.R se lenteblommetjie-wenner.
Rikus Botha is die gr.1-wenner.
Elizmari van der Merwe en Katie Botha se vrolike en lawwe uitrustings het hulle ’n eerste plek tussen die gr.7-leerders besorg.
Talisha Langerman is die kleurvolle wenner vir gr. 3.
Me. Louise van Niekerk (Laerskool Eloff se hoof) oefen haar danspassies.
Kleurvol opgetooi vir Lentedag by Laerskool Eloff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button