Streeknuus

Neo maak opslae met sy ysterperd

Dié inwoner van Rayton het onlangs sy voorliefde om stofwolke te maak ontdek.

Op die oog af lyk Neo Sanders soos ’n rustige seun, maar op die motorfietsbaan dryf die andernalien op sy ysterperd hom na hoër hoogtes.

Dié inwoner van Rayton het onlangs sy voorliefde om stofwolke te maak ontdek.

Hoewel hy van kindsbeen af reeds langs die baan homself kon vermaak, het hy op die ouderdom van 15 jaar eers besef dat hy nêrens anders so vry voel soos tussen die modder nie.

Onlangs het hy aan die Inland Kampioenskap by ERORA-renbaan in Kempton Park deelgeneem.

Daar het hy algeheel ’n vierde plek behaal.

“Ek het my nuwe speeding wat ’n 2021 Husqvarna-model is uitgeoefen.”

Die opkomende wedren waarvoor hy tans voorberei vind 11 September by Dirt Bronco plaas.

Neo is ook ’n lid van die World of Motorsport ZA en beoog om een van hul top presteerende renjaers te word.

Hy is tans agste uit 37 deelnemers op die ranglys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button