Rayties herdenk Nasionale Boekweek
Laerskool Rayton se gr. 1 tot 3-leerders hou jaarliks Nasional Boekweek. Die leerders het nie net met hul neuse in die boeke gedelf en met die stories in hul verbeeldingsryke wêreld geleef nie, maar hulle het selfs die karakters uitgebeeld. Die Rayties het soos karakters uit storieboeke aangetrek en ook die kans gehad om hul
Laerskool Rayton se gr. 1 tot 3-leerders hou jaarliks Nasional Boekweek.
Die leerders het nie net met hul neuse in die boeke gedelf en met die stories in hul verbeeldingsryke wêreld geleef nie, maar hulle het selfs die karakters uitgebeeld.
Die Rayties het soos karakters uit storieboeke aangetrek en ook die kans gehad om hul eie boeke te skryf en te illustreer.
Suid-Afrika herdenk die Nasionale Boekweek van 6 tot 12 September.
Dit is ’n inisiatief van die South African Book Development Council (SABDC) in samewerking met die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.
Nasionale Boekweek is ’n belangrike inisiatief om die land aan te moedig om lees as ’n aangename aktiwiteit te waardeer en om te wys hoe lees maklik in die daaglikse leefstyl ingesluit kan word.









