Streeknuus

Bronkhorstspruiters vier Braaidag

Ons vier Braaidag.

Erasmus Properties op Bronkhorstspruit was vol gees vir die Suid-Afrikaner se gunsteling-vakansiedag.

Dié dag waarop daar oor die land ’n tjoppie op die kole gedeel word tussen vriende terwyl die braaibroodjies voorberei word.

Worsrolletjies word uitgedeel en die koelboks staan gereed om ’n die dag met ’n koue bier af te skop. Sosaties word lip-lek-lekker gebraai en die slaaibak staan gereed.

Alhoewel die dag meer bekend staan as Erfenisdag om elkeen te herinnder waar hulle vandaan kom, het dié gemeenskap die dag met lekker spansport gevier.

Só moet Braaidag mos gevier word.
Victor Helberg geniet sy worsbroodjie.
Mnr. Martin Breytenbach geniet sy sosatie.
Mnr. Duma Dladla maak eintlik sy oë toe so lekker is dit.
Me. Karla Erasmus gooi sous op haar worsbroodjie.
Mnr. Chris Helberg maak seker hy hap raak.
Me. Jannet Laidlaw smul aan haar worsbroodjie.
Mnr. James Wentzel braai die sosaties.
Me. Sonja Helberg maak seker die biltong is byderhand.
Me. Karla Erasmus braai ’n worsie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button