Streeknuus

Delmas se herlewing duidelik sigbaar met groep se eerste verjaardag

Deel van Delmas Herleef se strategie was die vestiging en instandhouding van netwerke waarvan VKLM ’n belangrike rolspeler is. Dit is vir Delmas Herleef belangrik om VKLM te ken in dit wat hulle graag wil doen, maar ook om die stadsraad te ondersteun op sekere terreine. Oor die afgelope 12 maande is verskeie vergaderings met

’n Groep vrywilligers vanuit die gemeenskap het koppe bymekaar gesit om te bepaal hoe hulle in Delmas en die groter Victor Khanye Munisipaliteit (VKLM) ’n verskil kon maak om die omgewing te verbeter.

So het Delmas Herleef op 30 September verlede jaar tot stand gekom en ’n jaar later groei die herlewing steeds van krag tot krag.

Deel van Delmas Herleef se strategie was die vestiging en instandhouding van netwerke, waarvan VKLM ’n belangrike rolspeler is.

Dit is vir Delmas Herleef belangrik om VKLM te ken in dit wat hulle graag wil doen, maar ook om die stadsraad op sekere gebiede te ondersteun.

Oor die afgelope jaar is verskeie vergaderings met die stadsraad gehou.

Delmas Herleef het gou die omvang van die uitdagings waarvoor hul staan, besef.

Die afgelope jaar was daar verskeie projekte aangepak.

Op advies van mnr. Barend le Grange, wat betrokke was by die opbou van dorpe soos Coligny en Senekal, het vrywilligers begin om skoon te maak, te herstel, te verf en te plant.

Die filosofie wat mnr. Le Grange gedeel het, was dat wanneer mense sien dat dinge gebeur, hulle betrokke raak by projekte.

Op grond van dié vierpuntplan het die vrywilligers projekte beplan wat deurlopend plaasvind en ander wat weer eenmalig is, maar ’n langer leeftyd het.

So word daar nou op ’n gereelde grondslag rommel opgetel en hierin is die stadsraad se skoonmaakspan van groot hulp.

Die bestuur van rommel en vullis bly een van die grootste uitdagings in die wêreld en die groep hoop om op die langtermyn meer vullisdromme en -houers op strategiese plekke in Delmas te plaas.

Soos in die meeste dorpe is die instandhouding van infrastruktuur ’n uitdaging.

Die herstel van slaggate is ’n projek van meer permanente aard.

Hierin het AfriForum Delmas ’n vennoot geword deur die vulsel te voorsien waarmee die slaggate opgevul word.

Onlangs het AfriForum ook stoptekens voorsien wat op 15 straathoeke opgerig is.

Die verf van randstene het Delmas se strate verfraai en ’n gevoel van herlewing geskep.

Delmas Herleef is ook besig om straatname aan te bring en die projek bestaan uit twee dele wat insluit die verf van straatname op randstene, asook die aanbring van naamborde.
Straatnaamborde word deur inwoners geborg.

Begraafplase is in die meeste dorpe ’n kopseer en ook hier het die groep ingespring.

Die bome was gesnoei, gras gesny en onkruid verwyder en die proses is in beplanning om die heining te herstel.

Daar word ook beplan aan die aanbring van groot naamborde by die ingange van Delmas.

Die doel hiervan is om gasvryheid uit te beeld en besoekers welkom te laat voel wanneer hulle Delmas besoek.

Daar word ook hulp verleen in die opknapping van Botleng se ingang.

Dit is vir Delmas Herleef belangrik dat al die inwoners van Victor Khanye Munisipaliteit hoop en groei sal ervaar en deel sal word van projekte.

Delmas Herleef doen al hierdie dinge omdat hulle van mening is dat deur slegs die betaal van belasting, verwyte en beskuldigings nie die dorp gaan verbeter nie.

Deur debatte te voer en sondebokke te soek, help in die meeste gevalle nie. Die groep is van mening dat diegene wat daarvoor betaal word, hul pligte moet nakom, maar stem saam dat daar op baie plattelandse dorpe ’n duidelike tekort is aan kundigheid en kapasiteit.

Delmas Herleef is tans in is ’n proses om as ’n nie-winsgewende organisasie (NWO) te registreer wat die bestuur van sekere projekte baie sal vergemaklik.

Vat hande in Delmas en maak van Delmas ’n dorp wat kan dien as voorbeeld vir ander dorpe van saamwerk én saam ’n verskil maak.

“Die groep bedank elkeen wat hul projekte ondersteun,” het dr. Martin Janse van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk op Delmas, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button