Plaaslike violis rig nou ook af
Die woord musiek laat haar dink aan harde werk, uithouvermoë en jonkheid.
Petria Zeevaart (18) van Diamantvalei op die Rhenosterfontein-afrit by Rayton leef nou haarself as ’n musiekonderwyser uit, maar sy beskryf haarself steeds as ’n deeltydse musikant wat hoofsaaklik intrumente speel.
“Ek het van kindsbeen af al besef musiek is iets waarin ek myself met ander kan deel. Ons het altyd om die kampvuur gesing.”
Haar viool en sy is onafskeidbaar, dit is ook haar gunsteling-instrument.
Dié jong violis het al meer as ’n 100 optredes op haar kerfstok en probeer om jaarliks 10 opvoerings te voltooi.
“Ek het al voor die pandemie vyf optredes ’n week opgevoer.”
“Die klank wat ’n mens vanuit die viool kry, bekoor my. Dit is die nuanse en die pragtige kankkleure wat mens kan voortbring.”
Hoewel haar pa, mnr. Jan-Rijn Zeevaart ook blokfluit per geleentheid gespeel het, glo sy haar ma, me. Lydia Zeevaart, het die musiekliefde gevoed.
“My moeder se familie speel elkeen ’n instrument of twee. My nefies en niggies het basies singende opgegroei. Ons het toe al vioolliedere geleer en woorde met wysies uitgedink. ”
Die woord musiek laat haar dink aan harde werk, uithouvermoë en jonkheid.
“Die gevoel wat musiek vir my gee, is hoendervleis-oomblikke en die emosionele impak wat musiek op mens uitoefen, lê in die emosies wat wissel soos die liedjies wissel.”
Tot op hede het sy verskeie liedere neergepen wat meestal fokus op ensemble-werke, asook solo-vioolstukke.
Sy rig nou musiek af omdat dit ’n aanvoeling is waarmee sy gebore is.
“Dit is heerlik om te sien hoe ’n leerder groei in sy musiek en uitdagings oorkom. Ek sien dit as ’n roeping en gawe wat ek tot eer van die Hemelse Vader moet ontwikkel en gebruik.”
Ander instrumente waarmee sy ook eksperimenteer is kitaar en klavier.
Haar genre-musiek waarby sy aanklank vind, is iets wat outyds tog klassiek is.
“Tchaikovsky het regte kanonne gebruik in sy 1812-overture. Dit skep net ’n ander gevoel.”
Musiek is diep binne haar gewortel en haar suiwer passie weerspieël in haar spel.
“Die orkes het my een jaar gedoop met ‘a passionate on the string’.”
Sy het afgeluit met haar droom vir die toekoms: “Ek wil leer geleenthede van ‘n hoë gehalte skep sodat jong muiskante in groot orkeste kan speel. ”



