Streeknuus

Heidi plant spekbome op Boomplantdag

As deel van Boomplantdag het Heidi Kleuterskool in Delmas spekbome op Lentedag, 1 September, geplant.

Die eg Suid-Afrikaanse spekboom (Portulacaria afra) is vanjaar weer een van twee Bome van die Jaar.

Die spekboom se sappige ronde groen blare is nie net vir olifante ’n heerlike eetding nie, maar volgens bronne het die spekboom die vermoë om tussen vier en tien ton koolstof per hektaar in te neem.

Dit werk dus soos ’n spons wat koolstof vanuit die atmosfeer absorbeer.

Die spekboom bevorder sodoende die gehalte van die lug wat ons inasem.

Oortollige koolstof in die atmosfeer is verantwoordelik vir aardverwarming, hoe meer koolstof dus uit die lug verwyder kan word, hoe beter.

Die spekboom bevorder dus die gehalte van die lug wat ons inasem.

As deel van Boomplantdag het Heidi Kleuterskool in Delmas spekbome op Lentedag, 1 September, geplant.

Een van die kleuters, Milan Hills, het die skenking gemaak en me. Riëtte Wheller, skoolhoof het haar opreg bedank.

Die faktotum, mnr. Isaak Shabangu of sommer net bekend as oom Isaak onder die kleuters het die formaliteite van die plant waargeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button