Streeknuus
Balle is aan die rol by die rolbalklub
Die mikpunt van die liga is om blootstelling te kry vir die sport, maar ook vir besighede om net sosiaal bymekaar te kom.
Bronkhorstspruit se rolbal-besigheidsliga het weer afgeskop op Donderdagaand, 16 September om 18:00.
Tien spanne het ingeskryf vir die liga en die voorlopers na die eerste ronde was Ok Mini Market en AV Beauty. Die spanne is gelykop met 10 punte elk.
Die mikpunt van die liga is om blootstelling te kry vir die sport, maar ook vir besighede om net sosiaal bymekaar te kom.
Die klub beplan om vroeg in 2022 ’n sosiale liga aan te bied vir enige gesin of vriende-groep wat wil kom speel.
“As daar besighede is wat wil betrokke raak by die liga, is hulle welkom om my te kontak vir meer inligting” het John O’Connell laat hoor.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



