Streeknuus is steeds tot jou diens
As jy nuus het om te deel, is Streeknuus se joernaliste net ’n oproep ver.

Streeknuus is steeds op die rakke met nuus vir die gemeenskap, vanuit die gemeenskap.
Moderne tegnologie laat dit in sommige gevalle toe dat joernaliste en verkoopsverteenwoordigers vanuit tuiskantore te kan werk en hul gemeenskappe op eie bodem te bedien.
Dit beteken egter geensins dat Streeknuus se doelwit, naamlik om ons lesers oor plaaslike nuus ingelig te hou, enigsins verander het nie.
Streeknuus se joernaliste op Bronkhorstspruit en Delmas onderneem om steeds daardie spreekwoordelike ekstra myl vir ons getroue lesers, opgebou oor baie jare, te stap.
As joernaliste gee ons steeds vir elkeen daar buite ’n klein stukkie van onsself en ’n groot stuk van ons gemeenskap deur middel van ingeligte nuus vanuit die gemeenskap aan die gemeenskap.
Streeknuus deel ook steeds weekliks nuus rondom die dood, die hartseer, misdaad en munisipale sake van die onderskeie streke, maar natuurlik ook die goeie en snaakse nuus.
Nuus oor plaaslike inwoners wat in sport uitblink, boeke die lig laat sien, kunstenaars uit eie bodem, sangloopbane aanpak en selfs die wat daardie spesiale liefde in hul lewe ontmoet het.
Feeste, plaaslike markte en spesiale dae, sportbyeenkomste en ander belangrike gebeurlikhede vanuit die omgewing vorm deel van die nuus wat aan lesers gebring word.
Skole is vir Streeknuus van onmeetbare belang en ons bring graag ons lesers op hoogte van leerders se prestasies, spesiale geleenthede en sport byeenkomste.
Geen nuus en advertensies vanuit die Delmas- en Bronkhorstspruitgemeenskappe is ooit te min of onbelangrik nie en Streeknuus moedig daarom sy lesers aan om hul nuus met ons te deel.
Streeknuus verskyn steeds getrou elke Vrydag op die rakke van verskeie handelaars. Daar is ook ander platforms waar nuus aanlyn met ons lesers gedeel word.
Besoek gerus Streeknuus se Facebook-blad vir plaaslike, sowel as nasionale nuus van die week asook nuttige wenke ander lekker-lees-stof.
Streeknuus onderneem verder om hul lesers op hoogte te hou van die jongste nuus oor Covid-19, die statistieke uit die verskillende streke, inentingsentrums en ander pandemie-verwante verwikkelinge.
As jy nuus het om te deel, is Streeknuus se joernaliste net ’n oproep ver.
Skakel gerus vir Zeldine Fourie by 071 435 5829 (zeldine@caxton.co.za) om nuus vanuit die omgewing van Bronkhorstspruit, Cullinan en Rayton met die lesers te deel.
Vir nuus vanuit die Delmas-, Sundra- en Eloff-omgewing kan Thia Botha by 082 256 4505 (thiab@caxton.co.za) gekontak word.
Ons hoor ook graag van ons lesers op Bapsfontein en Welbekend.
Streeknuus se redakteur, Wilma van Vuuren kan by 017 634 7728 gekontak word of per e-pos by wilmav@caxton.co.za bereik word.
Vir al u advertensiebehoeftes is Judith Taute na 23 jaar se getroue diens aan Streeknuus steeds op haar pos en kan sy gekontak word by 083 442 0327 of stuur ’n e-pos na juditht@caxton.co.za.
Geklassifiseerde advertensies word deur Caxton se vriendelike personeel in Boksburg behartig en die nommer om te skakel is 010 971 3301 of stuur ’n e-pos aan logang@caxton.co.za.



