Cullinan-gemeenskap stop en braai 210m-lange wors
Cullinan se gemeenskap het Erfenisdag gevier met die poging om die Guinness Book of World Records vir die langste boerewors-braai te breek.
Cullinan se gemeenskap het Erfenisdag gevier met die poging om die Guinness Book of World Records vir die langste boerewors-braai te breek.
Daar was wynproe en die 2km-lange wors het in wildswors van 210m ontaard wat gestop en gebraai is.
Die amptenare van die Guinness Book of World Records kon nie daar wees nie omdat Suid-Afrika steeds op die Covid-19-rooilys is en hulle nier hierheen kon reis nie.
Daar was 829 feesgangers wat binne die inperkingregulasies gebly het en sowat 68 stalletjies.
Tuisgebak was om elke hoek en draai uitgestal en ooral het inwoners aan vingerhappies gepeusel.
Die wynveiling het op Saterdag, 25 September plaasgevind en die opbrengs van die twee funksies word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.









