Streeknuus
Liggaam van vrou wat sterf op N4 nog nie geïdentifiseer nie
Sy was skraal van postuur en was ten tye van die ongeluk in ’n swart broek en top geklee.
’n Voetganger wat in ’n ongeluk op die N4 dood is, is steeds nie uitgeken nie en die polisie vra nou die publiek om hulp.
Volgens sers. Verushca Marais van die speurafdeling op Bronkhorstspruit het daar op 14 Junie vanjaar ’n ongeluk op die N4, in die rigting van Witbank plaasgevind.
’n Vrou is deur ’n VW Polo raakgery en sy is op die toneel dood.
Sy was skraal van postuur en was ten tye van die ongeluk in ’n swart broek en top geklee.
Haar identiteit kon tot op hede nog nie bepaal word nie en die speurafdeling van Bronkhorstspruit vra dat enige persoon met inligting met sers. Verushca Marais by 013 932 9248 / 76 in verbinding sal tree.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



