Dellies se matriek-leerders neem afskeid
Donderdag, 30 September het spoggerige motors die jong dames en here op die rugbyveld van Dellies besorg waarna hul in modeparade-styl hul uitrustings aan familie en ondersteuners kon afwys.
’n Snerpende windjie het nie die 2021-matriekklas van Hoërskool Delmas gekeer om, soos gebruiklik, oor die rooi tapyt te stap nie.
Donderdag, 30 September het spoggerige motors die jong dames en here op die rugbyveld van Dellies besorg waarna hul in modeparade-styl hul uitrustings aan familie en ondersteuners kon afwys.
Na die modeparade het die leerders, wie se skooldae byna op ’n einde is, hul matriekafskeid op ’n spoggerige noot en met keurige dekor, ’n bobaas-ete en gesellige kuier by die Country Lodge net buite Delmas gevier.
“Wat ’n wonderlike geleentheid om met ons matrikulante te kon spog. Hulle het baie elegant vertoon en ons is trots op elkeen van hulle,” het Hoërskool Delmas laat weet.
Dellies het dan ook in besonder vir me. Lisette Dickinson, die personeel en ouers vir uitstekende en goed georganiseerde matriekafskeidreëlings bedank.