Streeknuus

Geskiedenis-roman wat op Diamond Hill verfilm is, is nou op die kassie

Begrond is gebaseer op die boek met dieselfde naam en is deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, geskryf.

Die verhaal van 11 Junie 1890 waar sowat 4 000 Boeresoldate teen ’n mag van byna 14 000 Britse soldate tydens die Anglo-Boereoorlog te staan gekom het, word nou vertel.

Op die hoogste kop van die plaas Kleinfontein, oftewel Diamond Hill, in die Transvaal is hoe die film Begrond, wat op 22 September vrygestel is, geinspireer is.

Dié koppie se oop grasvlaktes het min skuiling gebied en was nie ideaal vir die Engelse troepe en hul perde nie.

Byna 120 jaar later is ’n film op dié einste koppie gemaak wat nie net oor die seer en trauma van dié vernietigende oorlog handel nie, maar ook die geloof, groei en hoop uitbeeld wat uiteindelik daaruit gevloei het.

Die fliek was van 22 November tot 2 Desember 2019 deur die produksiehuis Forum Films verfilm.

Die opname het langer geduur as waarop oorspronklik beplan was en Covid het ook ’n rol gespeel, maar nie te min is die film nou op die kassie.

Die woning wat opgerig is tydens verfilming oor ’n tydperk van drie weke.(Foto: Verskaf)

Daar is ook oor ’n tydperk van drie weke ’n huis gebou net vir die film se doeleindes.

Mnr. Johan Yssel het die gebou operig.

“Ongelukkig kon ons weens die tydsaspek, nie tradisionele boumateriaal en boumetodes gebruik het nie.

“Die huis is geskoei op die tipiese huis van die tydperk voor die oorlog en wat ontwikkel het uit die hartbeeshuisie met sy grasdak,” het mnr. Yssel vertel.

“Hierdie huis het ’n sinkdak wat ontstaan het uit die Engelse invloed met die toestroom van uitlanders na die diamant- en goudvelde en die Boere het dit toe begin gebruik het as dakmateriaal.

“Die fondasie en fondasiemure was moonlik van klip tot op vloervlak en hulle het rou kleistene gebruik vir mure.

“Die soldervertrek kom uit die Kaapse tradisionele huise en is behou met ’n buitetrap soos dit ook in die Kaap in die 19de eeu voorgekom het.”

Philip van Zyl agter op die ossewa maak seker hy vang al die aksie vas. (Foto: Verskaf)

Rayton se Voortrekkers, mnr. Hans en me. Marlene Strugeon, het hul osse ingespan om deel van die filmproduksie te wees.

Me. Strugeon het selfs haar lyf aktrise gehou as ’n ekstra op stel in die konsentrasiekamp by Irene.

“Ek was vir twee dae deel van die verfilmingsproses. Met die osse was ek elke dag by Diamond Hill.

“Weens die reënvoorspellings moes ons die osse se dag skielik met een dag vervroeg het en moes al voor 06:00 reg en ingespan gewees het.”

Dieselfde vier osse wat in die Rageltjie de Beer-film gebruik is, was ingespan.

Swartland, Lapland, Mooiman en Wildeman het die wa getrek en het hulself goed van hul taak gekwyt, want daar was slegs vier opnames gemaak en toe is die perfekte toneel vasgevang.

Bekende aktrise, Carla Smith, het die rol van Katryn vertol en teenoor Lida Botha, wat die rol van Ouma Hester vertolk het, gespeel.

Begrond is gebaseer op die boek met dieselfde naam en is deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, geskryf.

Dié historiese roman is volgens dr. Hermann, ’n antwoord op die hartseer vrae waarmee mens gelaat word as jy die boek Treurgrond, wat ook in 2015 in ’n vollengte film omskep is, gelees het.

Dr. Hermann en mnr. Elrich Yssel, regisseur en draaiboekskrywer van die Begrond-film, vertel die verhaal van ’n plaasmoord wat die gemeenskap en familie tot stilstand ruk en die jong Faan Venter dwing om terug te keur na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.

Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land.

Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.

Dr. Hermann het vertel dat hoewel die storie fiksie is, elke karakter en verhaal uit die boek op ware mense en hul ervaring gebaseer is.

“Die begrafnistoneel in die begin van die boek is deur my eie oom, wat self op sy plaas vermoor is, se begrafnis geïnspireer.

“Nes ek in die boek skryf, het iemand tydens sy begrafnis ook gesê dat die grond treur met sy afsterwe.”

’n Groep van die Dundee Diehards op die stel van Begrond. (Foto: Verskaf)

Die hartklop van die verhaal is egter sodat mense kan sien hoe groei en positiwiteit uit die tragedie kom.

Die storielyn, geskiedkundige ligging en die skanse wat vandag steeds staande is, dra by tot die hartroerende effek van die film.

Daar word ook gefokus op die Heilbron-konsentrasiekamp en hoe die vroue uit die hartseer opgestaan het en weer ’n lewe moes bou.

Vervaardiger, me. Shinelle Brewis, het vertel dat sy besonders trots is op wat die produksiespan vermag het en dat die mooi storie die lug kan sien.

“Dit is my eerste produksie wat ek vervaardig het en beoog beslis om in die toekoms weer sulke aan te pak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button