Streeknuus

Cullinan se plante-vrou begin ruilhandelrak

"Om plante te deel is soos om lewe te versprei."

 Me. Wilma van Wyk van Cullinan se ruilhandelrak het sy ’n maand gelede begin nada sy besef het almal het altyd ’n ekstra stegie.

Juis oor die ekonomiese onderdrukking wou sy ’n spasie skep waar mens ’n plant kan uitruil sonder dat dit aan die beursie ruk.

Die boonste rak het sowat 30 plante, maar sy beplan om meer plantjies aan te skaf vir die onderste rak ook.

Sy beoog om die gemeenskap meer betrokke te kry en wil graag dit ’n groot projek in die gemeenskap maak waar almal se lushof-tuine vanuit ’n potplantjie kan groei.

Die verskeidenheid wat sy tans uitstal is stapeliads, senencio, varkiesblaar, haworthia en kalanchoe.

“Enige plant wat nie ’n indringer of bedreigend is nie mag op die rak geplaas word om uit te ruil.”

Haar doel met die plant-ruilhandelrak is om die geleemtheid te bied vir elke mens wat nog altyd ’n spesifieke plant wou hê, maar dalk nie dit kon bekom nie.

“Dis vir my lekker om met al die planteliefhebbers te kommunikeer, ek geniet almal se plante-geselsies”

Me. Van Wyk is ook beskikbaar by Langs die Spoor Vetplante en is meer onder die inwoners as plantmeisie bekend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button