Hoërskool Delmas wys 2022-leierskorps aan
“Om ’n leier te wees is ’n eer en voorreg, en so lekker soos wat dit is om die titel te kan dra, kom daar in ewewig ’n verantwoordelikheid saam.”
Nie elkeen het die talent of vaardigheid om ’n leier te wees nie.
Tog het Hoërskool Delmas die voorreg om met 24 sterk leiers in hul nuut verkose leierraad te spog.
Hoërskool Delmas se nuut verkose voorsitters van komitees, onderhoofleiers en hoofleiers is:
Sekretaresse – Ximmonè de Waal
Penningmeester – Kyro Redelinghuis
Voorsitter van bemarking – René Schreuder
Voorsitter van moraal – Jeanné du Buson
Voorsitter van sosiaal – Jevon du Plessis
Voorsitter van sport – Tyrone Myburg
Onderhoofseun van sport – Deago Caldeira
Onderhoofdogter van sport – Charné Gericke
Onderhoofseun van kultuur – Leam Sung
Onderhoofdogter van kultuur – Charoné van Staden
Hoofseun – Andrew Botha
Hoofdogter – Etlané Celliers
“Baie geluk met die verkiesing. Hoërskool Delmas is baie trots op élke leerder wat tot die raad verkies is en daarmee saam opgewonde oor dit wat die toekoms inhou. Mag elkeen van julle lei met aksie en troos met woorde,” het die skool laat weet.
“Om ’n leier te wees is ’n eer en voorreg, en so lekker soos wat dit is om die titel te kan dra, kom daar in ewewig ’n verantwoordelikheid saam. ’n Verantwoordelikheid om jou pligte na te kom, te alle tye ’n voorbeeld te wees en om voor te loop en die pas aan te gee.”



