Streeknuus

McDupie Drive Thru, enig in sy soort

Kaasburgers, draairoomys en koeldranke was beskikbaar.

Laerskool Du Preez van Wyk se graad 7-leerders het op 30 September die tweede McDupie Drive Thru aangebied.

Die heerlike geure van gebraaide hamburgers het op die skoolgronde gehang en die inwoners het ingestroom.

Die McDupie Drive Thru-hekke was oop vanaf 16:00 tot 19:00 vir die inwoners van Bronkhorstspruit.

Die leerders het kliënte by die hek gaan groet met middag of naand mevrou en meneer. “Kan ek u intresseer met ’n ‘chicken of beef’ ‘ burger?”

Kaasburgers, draairoomys en koeldranke was beskikbaar.

Nadat die kliënte gestop het by die betaalput is die bestelling-vorm geneem na die tafels waar die leerders verantwoordelikheid was vir die maak van die burgers.

Vriendelike, flinke diens het gesorg dat die honger kliënte binne 10 minute in en deur die skoolgronde kon ry.

Die spanpoging het gesorg vir pret en vermaak met die padtekens. Die leerders het gewys dat elke Dupie in Dupieland tel.

Die skool praat van groot lof oor die borge, ouers en onderwyser betrokkenheid sowel as die gemeenskap se ondersteuning wat Dupieland kom besoek het en met padkos weg gestap het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button