Streeknuus

Bapsfontein se Mev. Gauteng-finalis deel roeping

Mrs. Gauteng-finalis, me. Lanese van der Merwe van Bapsfontein het vertel die droom om in te skryf vir sulke platvorm het ontstaan toe sy jonk was. “My grootste inspirasie om ’n rolmodel te wees is Anelien Kriel. Ek droom al van jonk af om eendag ’n verskil te maak.” Me. Van der Merwe beskryf haarself

Mev. Gauteng-finalis, me. Lanese van der Merwe van Bapsfontein het vertel die droom om in te skryf vir sulke platvorm het ontstaan toe sy jonk was.

“My grootste inspirasie om ’n rolmodel te wees is Anneline Kriel. Ek droom al van jonk af om eendag ’n verskil te maak.”

Me. Van der Merwe beskryf haarself as ’n gedrewe, passievolle en goedhartige mens. “Ek is altyd bereid om nuwe uitdagings aan te pak en leef elke dag asof dit my laaste dag is.”

Die proses het haar geleer om die verlede te laat gaan en dit ook te gebruik om ander se lewens aan te raak.

“Ek is sterker as wat ek gedink het twee jaar terug. Toe ek gediagnoseer is met SLE (systemic Lupus erythematosus) en outo-immuunsiekte, het ek gedink dis die einde van die wêreld. Sommige dae kan ek nie eers uit die bed klim nie.

“Ek het besluit om my toets in ’n testimony te verander. Ek het soveel om voor dankbaar te wees en ek wil graag ander daardeur inspireer.”

Me. Van der Merwe was voor die inskrywing ook as Mrs Fashion Diva, eerste prinses bekroon.

Sy beskryf die kern van haar deelname in die Mev. Gauteng-kompetisie as ’n manier om vroue en meisies te motiveer om hulle drome te volg.

“Moet nooit dat iemand vir jou sê jy kan nie.”

Me. Van der Merwe het vertel haar grootste doelwit met die platvrom is om soveel moontlik gebroke vroue te help om hulle waarde te sien.

“God het ons uniek en sterk gemaak. Maak nie saak wat die lewe na jou kant toe gooi nie, jy kán.”

Haar liefde vir mense is die een eienskap wat haar nog altyd dryf om meer mense te bereik.

Haar behoefte om te gee en uit te reik na vroue is onblusbaar.

As sy die titel sou verower, beoog sy om veral die gebroke vroue wat dink hulle kan nie weer vrou wees nie weens omstandighede wat op hulle pad gekom het, te motiveer.

“Ek wil hulle aanspoor om nooit op te gee nie. Ek verstaan ook die uitdagings van jong meisies en wil graag in hulle harte in spreek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button