Streeknuus

Delmas rolbalklub wys nuwe komitee en 2021-wenners aan

Piet Vorster is Delmas Rolbalklub se ope-klubkampioen en veteraan-kampioen.

Die herverkose president van die Delmas Rolbalklub, me. Karin Peres, glo dat dié klub van krag tot krag sal gaan.

Die nuwe komitee is op Saterdag, 2 Oktober, gekies nadat lede ’n versoek gebring het vir verandering in ’n paar punte in die klub se grondwet.

Die nuut gekose komitee bestaan uit me. Karin Peres wat steeds as president van die klub dien, me. Suzette Botes sal as die klubtesourier dien en die onderhoud van die klub se baan word deur mnr. Gerhard van Heerden behartig. Bykomend verkose komitee lede is mnr. Hennie Terblanché en me. Christelle Terblanché.

Me. Suzette Botes oorhandig trofee vir die vroue novice-enkelspel en die mans novice-enkelspel aan Christelle Terblanché en Hennie Terblanché. (Foto: Verskaf)

Tydens die geleentheid was die wenners vir 2021 in die onderskeie kategorieë van deelname ook aangekondig.
trofee vir Beste Vordering vir Beginners het aan Stephanie Swanepoel gegaan.

Hennie en Christelle Terblanché is as die wenners van onderskeidelik die vroue novice-enkelspel en die mans novice-enkelspel gekroon.

Stefanie Swanepoel ontvang haar trofee vir Beste Vordering vir Beginners van Suzette Botes. (Foto: Verskaf)

Piet Vorster is Delmas Rolbalklub se ope-klubkampioen en veteraan-kampioen terwyl Peres met die Presidentsklubtrofee sowel as die van trofee vir die vroue ope-enkelspel weggestap het.

“Dankie aan die gemeenskap van Delmas vir getroue ondersteuning, skenkings en donasies,” het me. Peres gesê.

Suzette Botes saam met die president van die Delmas Rolbalklub, me. Karin Peres. (Foto: Verskaf)

Me. Peres het verder ook bekend gemaak dat die immer gewilde Besigheidsliga oor ’n tydperk van vier weke gedurende November sal plaasvind.

“Dit beloof om weer ’n harde wedstryd, gevul met pret en plesier vanuit die gemeenskap se sa te wees.”

Sy nooi alle belangstellendes om haar te kontak op 082 496 3782.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button