Aanvallers wag man in op plaas tussen Delmas en Leandra
“Hulle het heeltyd vir my kop gemik, maar ek het gekeer en dit was toe asof hulle net geslaan het, waar hulle ook al kon plek kry,” het mnr. Victor Streeknuus vanuit die hospitaal meegedeel.
In nog ’n wrede plaasaanval is mnr. Joppie Victor met knopkieries aangeval.
Die aanval het op Maandag, 18 Oktober omstreeks 18:44 op die plaas Brakfontein aan die R50, tussen Delmas en Leandra plaasgevind.
Die aanvallers het glo op mnr. Victor gewag.
Daar was geen teken van gedwonge toegang tot die plaaswoning nie. Dit blyk egter of van die aanvallers vanuit die huis na buite deur ’n eetkamer venster gevlug het.
Volgens mnr. Victor was die vier mans daar om hom dood te maak.
“Hulle het heeltyd vir my kop gemik, maar ek het gekeer en dit was toe asof hulle net geslaan het, waar hulle ook al kon plek kry,” het mnr. Victor Streeknuus vanuit die hospitaal meegedeel.
Hy kon daarin slaag om te vlug en het by ’n buurplaas om hulp gaan aanklop. Sy ernstige kopwonde was in ’n hospitaal in Pretoria behandel.
Volgens kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie, is dit nog nie duidelik of daar enige iets vanuit die woning vermis word nie.
Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus. Dit verskyn Vrydag.



