Streeknuus
Rassies hou Sport Derby
Die wenners van die eerste dag moes teen ’n personeelspan deelneem.
Hoërskool Erasmus het ’n Sport Derby aangebied waar leerders oor twee dae deelgeneem het aan verskeie sportsoorte soos vlugbal, hokkie, sakresies, boogskiet, sokker, waterkaskenades, hindernisbane, gholf en vele meer.
Die wenners van die eerste dag moes teen ’n personeelspan deelneem. Die leerders het in die doodsnikke van die kompetisie as algehele wenners uit die stryd getree en R5 000 as prysgeld vir hulle span gewen.
Die spanne het bestaan uit ’n dogter en seun van elke graad.
Sowat 20 spanne het die eerste dag deelgeneem, waarvan 15 spanne deurgedring het na die tweede dag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





