Streeknuus

Polisie betrap rylopers met renosterhoring op N12

Die verdagte swartsak, toegedraai met bruin maskeerband, was deursoek.

Groot was die verbasing vir lede van Delmas Polisie toe ’n swartsak in die besit van twee rylopers ’n renosterhoring opgelewer het.

Die polisie het op Donderdag, 14 Oktober omstreeks 13:15 roetine-patrollies op die N12 uitgevoer.

By die R50 Bapsfontein-afrit, in die rigting van Witbank, het die twee polisielede twee mans opgemerk wat duimgooi.

“Die mans het ’n groot plastiese houer gedra. Dit het vir die lede verdag voorgekom,” het kol. Sipho Sithole, bevelvoerder van Delmas Polisie in ’n mediaverklaring gesê.

Die polisielede het by die twee mans gestop en begin om hulle te deursoek.

Die verdagte swartsak, toegedraai met bruin maskeerband, was deursoek.

Binne-in die was ’n plastiekhouer.

Dié renosterhoring in die besit van twee rylopers op die N12 gevind. (Foto: Verskaf)

“Die polisielede was baie verbaas toe hulle die klere bo-op die houer afgehaal het en ’n massiewe renosterhoring daarin gevind het ,” het kol. Sithole verder gesê.

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem vir verdere ondervraging.

Teen druktyd was die oorsprong van die misterieuse massiewe renosterhoringvonds op die N12 nog onbekend.

Die twee verdagtes, mnre. Elliot Clifford (55) en Rogerio Domingos Moiane (51) het op Vrydag, 15 Oktober vlugtig in die Delmas Landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot 24 Oktober wanneer die twee verdagtes weer in die hof sal verskyn vir ’n formele borgaansoek.

Delmas Polisie het dié renosterhoring in ’n swartsak, versteek onder klere gevind toe hulle patrollie op die N12 gery het. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button