Doen Jou Eie Ding op KragDag
Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings. Dit sluit ’n opvoedkunde sub-ekspo, entrepreneurskap en, vanaf 2019, ook ’n volwaardige landbou-ekspo in samewerking met TLU SA in. Die Sakeliga KragDag Ekspo was van Donderdag, 14Oktober, tot Saterdag, 16 Oktober, op die Diamantvallei
Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings.
Dit sluit ’n opvoedkunde sub-ekspo, entrepreneurskap en, vanaf 2019, ook ’n volwaardige landbou-ekspo in samewerking met TLU SA in.
Die Sakeliga KragDag Ekspo was van Donderdag, 14Oktober, tot Saterdag, 16 Oktober, op die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria, aangebied.
Vanjaar het die Sakeliga KragDag voorsiening gemaak vir 450 uitstallers op die 4,6 hektaar ekspoterrein, en buitelug en onderdakuitstalruimtes was ook beskikbaar.
Soveel as 330 selfstandigheidstema-uitstallers, 165 uitstallers in die landbou sub-ekspo, 30 uitstallers in die opvoedkunde sub-ekspo, 20 makerbeweging-uitstallings, 50 junior entrepreneurs, ’n snuffelmark en ’n massiewe verskeidenheid verversings was te sien.
’n Pretpark en vermaak wat enige iets insluit van ossewa- tot helikopterritte het besoekers laat instroom.








