Streeknuus

Ons Eie Ouetehuis vier feestelike Bejaardedag met met braaivleis en musiek

e inwoner is ook met ’n spesiale geskenkpakkie bederf.

’n Plaaslike kunstenaar het vir die musiek en sang gesorg en die braaivleisvure het hoog gebrand by Ons Eie Ouetehuis in Delmas op Donderdag, 1 Oktober.

Die inwoners van Ons Eie het Bejaardedag en sommer ook Erfenisdag op ’n feestelike noot gevier.

Weens die Covid-19-inperkings was daar ’n lang droogte in gesellige kuiertyd en ontspanning by Ons Eie.

Die bestuur het dit toe goed gedink om ’n geselligheid te reël om die oues van dae se gemoedere so ’n bietjie te lig.

“Met die lang inperking het ons bejaardes ’n bietjie afleiding broodnodig gehad,” het me. Sharon Rabie, bestuurder van Ons Eie laat hoor.

Die bejaarde vroue het behoorlik opgedollie vir die feestelikheid en glimlagte was oral te sien.

Bekend vir sy pragtige musiek en vrolike vermaak, het mnr. Pieter Smit van die NG Kerk Delmas-Wes, gesorg dat vrolike note en samesang die saal vul terwyl die geur van braaivleis op eg Suid-Afrikaanse manier van buite in die lug gehang het.

Na afloop van die ete kon die inwoners smul aan die koek wat spesiaal vir die Bejaardedag-vieringe voorberei en versier was.

Elke inwoner is ook met ’n spesiale geskenkpakkie bederf.

Me. Rabie het die borge en personeel wat bygedra het tot die sukses van die spesiale dag bedank.

“Ons beplan om sommer spoedig weer so ’n lekker geselligheid te reël.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button