Streeknuus

Rassies lig die plaattrofee omhoog

Hoërskool Erasmus se span het uit sewe gr.8-leerders en vyf gr.9-leerders bestaan.

Hoërskool Erasmus het Saterdag, 16 Oktober in ’n sewesrugbytoernooi kragte met Hoërskool Die Wilgers gemeet.

span van Erasmus het harde klippe gehad om te kou omdat daar teen skole vêr groter as Erasmus deelgeneem is.

Die spelers het ’n harde en taai poel wedstryde gehad en toe uiteindelik deurgedring na die uitspele toe, waar hulle toe met trots die plaattrofee opgetel het.

Marnus Erasmus het ’n fantastiese toernooi gehad, waar hy drie keer as Speler van die Wedstryd aangewys is.

Beide die 0/15- en 0/17-spanne het die openingswedstryd van die toernooi teen aardsvyande Hoërskool Die Wilgers gespeel, waar beide spanne met ’n wen weggestap het.

Afrigers, mnre. Stephan Janse van Vuuren en Jaco Grobler kyk met trots na die 7’s toernooi omdat dat hul span uit sewe gr.8-leerders en vyf gr.9-leerders bestaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button