Streeknuus

78-jarige skut palm titel in by 2021 Nasionale Skietkampioenskap

Hy het die Heavy Varmint (20 voet/pond) luggeweerklas met ’n telling van 745/750 gewen.

Johan Jansen (78) het pryse met skyfskiet ingepalm by die Nasionale Benchrest Skietkampioenskappe wat op 8 en 9 Oktober by die Excalibur-skietbaan in Welkom plaasgevind het.

Hy het die Heavy Varmint (20 voet/pond) luggeweerklas met ’n telling van 745/750 gewen.

Sy Gauteng Noord-span het ook goud in dié klas asook meeste van die klasse in die naweek se kompetisie, gewen.

Op die Vrydag is drie rimfire-klasse (.22) en Saterdag twee luggeweerklasse geskiet.

Skuts moes in elke klas drie aflosse van 25 tellers geskiet het.

In die rimfire-afdeling het 29 en in die luggeweer-afdeling het 33 van die land se top skuts deelgeneem.

Daar was individueel, asook in provinsiale spanne van drie meegeding.

Die provinsies wat verteenwoordig was, is Gauteng Noord, Gauteng Suid, Oostelike Provinsie, Vrystaat en Westelike Provinsie.

“Die wind was moeilik en mededinging straf,” het Jansen laat hoor.

Jansen is van jongs af lief vir skyfskiet. Op hoërskool was hy in die laat 50’s lid van hul .22-skietspan.

In 1973 het hy begin Bisley skiet en in 1976 het hy vir die eerste keer Springbok-kleure verwerf toe Suid-Afrika silwer gewen het in die Palma Wêreld Langafstandkompetisie wat by Camp Perry in Ohio plaasgevind het.

In 2007 het Jansen oorgeslaan na veldteiken skiet (luggeweer) en het ook daar Protea-kleure verwerf.

Onder sy leiding het Suid-Afrika vyf jaar na mekaar silwer by die Wêreldkampioenskappe gewen.

In 2015 het hy begin benchrest skiet en was gekies as lid van die Protea-span wat met onderskeiding in 2017 aan die Wêreldbeker in Slovenië deelgeneem het.

Vanjaar het hy in Suid-Afrika aan die Wêreldkampioenskap deelgeneem.

Jansen is tans president van die Suid-Afrikaanse Presisie Sport Skiet Federasie (SAPSSF).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button