Streeknuus

Delmas rolbalspeler presteer by Kampioen van Kampioene-toernooi

Karin Peres, president van die Delmas Rolbalklub het op Saterdag, 9 Oktober en Sondag, 10 Oktober aan die prestige toernooi deelgeneem en ’n tweede plek in die vroue ope-afdeling ingepalm.

Een van Delmas Rolbalklub se spelers het uitstekend presteer tydens die Ekurhuleni Distrik Rolbal se onlangse Kampioen van Kampioene-toernooi.

Karin Peres, president van die Delmas Rolbalklub het op Saterdag, 9 Oktober en Sondag, 10 Oktober aan die prestige toernooi deelgeneem en ’n tweede plek in die vroue ope-afdeling ingepalm. Die toernooi het by die Modderfontein Rolbalklub plaasgevind.

Peres blyk uitstekend te vaar in die sport en Streeknuus het voorheen (8 Oktober) ook berig oor haar se prestasies op die tuisbaan waar nie net herverkies as president is nie, maar ook die pryse ingepalm het vir wenner van die vroue ope-enkelspel en ook die Presidentsklubtrofee verower het.

Me. Peres beveel aan dat enige belangstellende spelers haar sal kontak op 082 496 3782.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button