Streeknuus

Rowers kom hul moses teen bekende boer teë

Met sy inkopies afgehandel het die boer na sy voertuig teruggekeer. Dit was toe dat die drie rowers toegeslaan het. Terwyl een van die rowers in ’n stoeiery met die boer betrokke geraak het, het die ander twee opportuniste van die geleentheid gebruik gemaak om die boer se selfoon en beursie vanuit sy voertuig te

’n Bekende beesboer van die Delmas-omgewing het besluit dat hy nié die nuutste slagoffer van lastige rowers in Sarel Cilliersstraat in Delmas gaan word nie.

Dié boer het op Sondag, 24 Oktober in die hoofstraat gaan inkopies doen.

“Ek het uit my voertuig geklim en dadelik besef dat die sentrale sluitstelsel nie my voertuig sluit nie. Ek het ’n hele paar keer probeer en uiteindelik kon ek dit gesluit kry,” het die boer, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Met sy inkopies afgehandel, het die boer na sy voertuig teruggekeer.

Dit was toe dat die drie rowers toegeslaan het.

Terwyl een van die rowers in ’n stoeiery met die boer betrokke geraak het, het die ander twee booswigte van die geleentheid gebruik gemaak om die boer se selfoon en beursie uit sy voertuig te gryp.

Omstanders het in verwondering aanskou hoedat die boer die rower met ’n goed-geplante vuishou of twee van hom probeer weghou. In ’n poging om sy mede-rower te help, het ’n ander ’n mes te voorskyn gebring.

“Die boer het in die proses ’n sny op sy linker-elmboog opgedoen,” het kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas Polisie gesê.

Werknemers van Stasie Slaghuis het intussen na buite gehaas om die boer te help.

“Ek was nie van plan om my selfoon en beursie aan die rowers af te staan nie en het net probeer om my persoonlike besittings en myself teen die rowers beskerm,” het hy gesê.

Die drie rowers het uiteindelik bes gegee en gevlug en in die proses die boer se beursie en selfoon laat val.

Die Delmas Polisie was van die voorval in kennis gestel.

“Die gemeenskap moet uiters bedag wees wanneer hulle inkopies in die hoofstraat doen.

“Maak seker dat jou voertuig behoorlik gesluit is, hou alle waardevolle besittings buite sig.

“Wees verder ook bedag op drentelaars op straat en in die onmiddellike omgewing,” het kol. Sipho Sithole, bevelvoerder van Delmas Polisie, gesê.

“Ek wil net graag my opregte dank teenoor die personeel van Stasie Slaghuis uitspreek vir hul bystand tydens die voorval,” het die boer Streeknuus meegedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button